Welkom by Kleuterzone Hartbeespoort

Yolanda Swanepoel

Hoof

Brief uit die Hoof se pen:

Ek is Yolanda Swanepoel en dit is vir my n voorreg om die hoof van Kleuterzone Boksburg te kan wees.

Ek is getroud met n wonderlike man en ons het n pragtige seuntjie. Vir die afgelope 12 jaar is ek betrokke by die opvoeding vir kinders tussen die ouerdomme van 1 en 8 jaar.

Om met kinders te werk is en was nog altyd my passie en ek glo dat ons Hemselse Vader my op die pad gesit het.

Ons is n skooltjie met Christelike waardes wat daagliks ons beginsels uit leef. Ek glo dat kindertjies leer deur speel en dat elke kindjie uniek en kosbaar is en it is vir my en die personeel n groot eer om deel te kan wees van elke kindjie se groei en ontwikkeling.

Ons glo dat elke kindjie hulle tydjie by ons sal geniet, dit is immers “waar drome begin”

N vriendelike en liefdevolle Boksburg Kleuterzone groete.

Yolanda Swanepoel

Getuigskrifte

KleuterZone wat 'n wonderlike skool vir die klein mensies. Ek is 'n mamma van 'n 3 jarige seuntjie wat by Kleuter Zone begin het. Die personeel ius vriendelik en hulpvaardig. Met die dat my seuntjie nie ken van kleuter skool nie was hy moeilik aan die begin en die "Tannies" was baie geduldig en het net liefde en aandag getoon. Ek kan 'n verskil in my seuntjie sien vandat hy by die skool begin het, sy woordeskat en kennis het gegroei. Kleuter Zone het so baie om te offer vir die klein mensies dit is rerig wonderlik.
Anoniem
Ouer
"Warm atmosfeer, my dogtertjie het dadelik welkom en gemaklik gevoel, sy geniet dit vreeslik, en dit maak my hart so bly. Nog nie een dag gehuil om te gaan nie, as ons daar stop glimlag sy van oor tot oor! Vriendelikste Personeel, Beste besluit wat ek gemaak het"
Anoniem
Ouer
Kleuterzone Nelspruit het sover net fantastiese diens gelewer vir ons. Ons 2 seuns sien elke dag uit om te gaan en kom elke dag met vreugde terug by die huis. Puik diens en sal hulle aanbeveel vir enige ouers in Nelspruit.
Anoniem
Ouer